Waldemar I van Denemarke

Waldemar I
Koning van Denemarke
Standbeeld van Waldemar die Grote in Ringsted.
Standbeeld van Waldemar die Grote in Ringsted.
Periode 1157–1182
Voorganger Erik III
Opvolger Knoet VI
Huis Estridsen
Vrou Sofia van Minsk
Vader Knoet Lavard
Moeder Ingeborg van Kiëf-Roes
Gebore 14 Januarie 1131
Oorlede 12 Mei 1182

Waldemar I of Waldemar die Grote (14 Januarie 113112 Mei 1182) was van 1157 tot 1182 koning van Denemarke. Hy was die seun van Knoet Lavard, die oudste seun van koning Erik I en ’n gewilde prins. Sy pa is net ’n paar dae voor sy geboorte vermoor. Sy ma, Ingeborg, die dogter van Mstislaf I van Kiëf-Roes, het hom na sy oupa, Wladimir Monomach van Kiëf-Roes, genoem.

Toe Waldemar 16 jaar oud was, het koning Erik III in 1146 geabdikeer en ’n burgeroorlog het uitgebreek. Die magnate van Jutland het Knoet V as koning gekies, maar Sven III het in Seeland regeer.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy